Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Huisgenoot

Huisgenoot

Aug 20 2026
Magazine

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

'BYSTEKE ÁL UITWEG' • Savannah Spoor van Seattle verduur 30 bysteke per week as terapie vir Lyme-siekte. Sy sê die pyn weens die byegif is hel, maar haar siekte is erger

WAT HET GEWORD VAN... • REGS: Cat Stevens tydens 'n optrede in Disco, 'n Duitse TV-musiekprogram, in 1976. ONDER: Die sanger 'n halfeeu later toe hy verlede jaar in Hyde Park, Londen, opgetree het.

VRY, MAAR OOK NIE • Die seun van die 'Springs-monster' wat twaalf jaar gelede uit die gruwelhuis ontsnap het, veg steeds teen die spoke van sy verlede

SPELE RED my lewe • In die swembad in Skotland het Chad le Clos pas geskiedenis gemaak, maar die kameraas het nog geflits toe hy hoor van die tragedie tuis in Kaapstad

LIEF ÉN LEED • DIE AFGELOPE JAAR WAS VOL VREUGDE, MAAR OOK GROOT HARTSEER VIR DIE VOORMALIGE MEJ. SUID-AFRIKA EN MEJ. HEELAL DEMI-LEIGH TEBOW. EN NOU IS HAAR DOGTERTJIE EEN JAAR OUD

BÊÊESTE MAATJIES • Simon was blind, deur sy ma verstoot en sy dae was getel – tot ’n KZN-tiener hom gered het. Vandag het hy ’n nuwe beste maat, Sarah – liefde met die eerste klokslag

LIEFDE OOR DIE AFSTANDE HEEN • Hulle ouers was al vóór hulle geboorte vriende. Nou, 23 jaar later, het dié twee rugbyliefhebbers getrou – met 'n hele paar bekende spelers langs die veld.

NUWE LEWE IN DIE KAROO • Hulle is die oudste werkende akteurspaar in die land, maar die lewe op stel én in die huwelik raak mos net ál lekkerder. Huisgenoot kuier by Lida en Johan Botha op hulle nuwe stoep

Eiers tot die REDDING! • Met 'n DOSYN EIERS in die kombuis kan jy in 'n kits 'n maaltyd aanmekaarslaan, TROOSKOS optower, en selfs SPOGPOEDINGS bak

GESONDHEID BEGIN OP JOU BORD • Om die regte kos in die regte verhoudings te eet kan kosdrange verminder, jou langer versadig laat voel en jou meer energie gee, skryf die voedingkundige Dominique Ludwig in haar nuwe boek

HOU MUF UIT JOU WASMASJIEN

Die storie van André en sy broer, André

Die Serwiër • Lees hierdie week die derde deel uit 'n spanningsverhaal oor ons land se verstrengelde kriminele en politieke onderwêreld

Vrees tot in jou beenmurg

Meester van spanning • Ons kyk na die beste reekse deur die skrywer Harlan Coben

'n Kombinasié wat werk

Seekatplaas stopgesit • Planne vir 'n aanleg om met seekatte te teel was onsuksesvol danksy druk van omgewingskeners, regskenners en diereregte-aktiviste.

ELDERS IN DIE WÊRELD

Krieketwêreldbeker weer in Afrika

FOTO VAN DIE WEEK • Varkies spring oor 'n hekkie tydens 'n wedloop by die jaarlikse skou in Costa Mesa, Kalifornië.

STER VAN DIE WEEK JONAN MOUTON • DIE SILWERSKERM HET 'N SPLINTERNUWE STER!

Aluminium • Ons leer meer oor hierdie nuttige metaal van die toekoms

'EK GLO IN TWEEDE KANSE' • Tareena Shakil het in 2014 met haar eenjarige seun uit Engeland vertrek om by Isis in Sirië aan te sluit. Sy het later die eerste Britse vrou geword wat skuldig bevind is aan lidmaatskap van die terreurgroep

HOOP TUSSEN DIE BLARE • Met 'n hark in die hand en boeke onder die arm bou Lucky elke dag aan twee drome. Hy versorg die UWK-kampus se tuine, maar ná werk stap hy klas toe – want sy grootste plan lê nog voor

TOT HY HAAR...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans