Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.
'DIEPE WATERS' SE PAM GROET DRAMATIES • Sy's gereed vir nuwe uitdagings, sê Tracey-Lee Oliver. Nogtans was die toneel waarin haar gewilde karakter Pam tragies sterf vir haar baie emosioneel
KORT VOOR LANK • TOETS JOU KENNIS
EEN KERSIE, TWEE IN HULLE HARTE • Zoë-Rae se eerste verjaardag was vir Ramey Short en sy vrou, Loricía, 'n mylpaal vol vreugde – maar ook 'n pynlike herinnering aan die tweelingsussie wat dié dag nie saam met hulle kon vier nie
'N NUWE HAWÉ • Anderkant die trauma en drama van die gebeure wat die nuus gehaal het, het Monique Strydom vrede kom vind in haar nuwe lewe by die see
UITHOU EN AANHOU • Byna sewe jaar ná sy kankerdiagnose hoop Oscar Chalupsky 'n nuwe behandeling sal hom nog tyd gee. En al het die eerste dosis hom platgetrek, weier die surfski-legende om moed op te gee
'AFRIKAANS OF ENGLISH?' • Sy ouma het 'n familievideo op Facebook gedeel. Toe begin kykers stroom – en skielik was die seun van buite Mokopane 'n internetsensasie
DIE TENK SE BABA VAN BO AF • Die Springbok Thomas 'die Tenk' du Toit en sy vrou, Elaine, is terug in Suid-Afrika en word binnekort 'n dogtertjie ryker
'VERBEEL JOU NET SY KOM TERUG' • Ná die vloed in Nepal weier 'n Durbanse ma om te glo haar dogter is onder die vermistes. Haar enigste manier om aan hoop vas te hou is om self te gaan soek
DIE KUNS VAN KOPKRAP • Ek het gedink my donker gedagtes is veilig. Toe lees 'n mentalis my soos 'n oop boek – of doen hy net 'n baie oortuigende kulkunsie?
Waar die hart VAN VOL IS • Goeie kos gaan nie oor fieterjassies nie. Jy moet net weet wanneer om dit eenvoudig te hou en wanneer om jou tyd te vat. Hier's sewe resepte uit Louise Volschenk se nuwe boek wat jou mond sal laat oorloop
Maak kennis met DIE SKRYWER
WAAROM VROUE MEER FINANSIËLE STRES ERVAAR • 'n Nuwe peiling wys vroue dra 'n swaarder finansiële las as mans – en dié stres volg hulle tot in hulle huislike lewe
DIE KUNS VAN ALLEENWEES • Alleentyd is nie eensaamheid nie. Só kan jy stadiger leef en jou gedagtes kans gee om asem te haal
JOU STERRE
Ril saam met Erla en Elsa
Donkerhart • Lees die derde deel van 'n uittreksel uit 'n sielkundige riller wat jou nekhare sal laat rys én jou hart sal laat breek
Agente in die moeilikheid • BO: Gary Oldman en sy olierige hare is aan die hoof van 'n groep swartskaap-agente. Op die agtergrond is Saskia Reeves as Catherine Standish. ONDER: Gary by 'n moordverdagte.
Topvermaak in Afrikaans • Ons kyk na twee flieks en 'n dokie wat onlangs by die Silwerskermfees bekroon is
Liedjies vir lekker luister
Groot Koraalrif wemel van lewe • ONS GESELS OOR
Stella Juva en die son tot die redding • TEGNOLOGIE
FOTO VAN DIE WEEK
JUAN-CHRISTOFF SMITH • DIE JONG AKTEUR STAAN SY MAN TUSSEN SWAARGEWIGTE IN DIE BEDRYF
Die Nyl • Ons leer meer oor die wêreld se langste rivier – Egipte se lewensaar
DIE BAL IN DIE WIEGIE • IN HIERDIE UITTREKSEL UIT SY NUWE BOEK KYK DIE AFGETREDE BOK-HELD STEVEN KITSHOFF TERUG OP SY LOOPBAAN. HY ONTHUL OOK DIE MANIERE WAAROP DIE SPAN GEMOTIVEER IS, HOE RASSIE SE SES-TWEE-VERDELING TOT GROOT DINGE GELEI HET EN HOE DIE GROEP ONTSTAAN HET WAT LATER AS DIE...