Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.
ONS TYDSKRIF SPEEL CUPIDO! • Danéllé Loudon ken pyn. Toe sy dus in Huisgenoot oor Rob Nunnery se lyding gelees het, het sy op Instagram haar meegevoel betoon. Toe blom die liefde en drie maande later is hulle getroud
KORT VOOR LANK • TOETS JOU KENNIS
DIE VYFDE FOTO • Vier kinders het in 'n oogwink verdwyn, maar die vyfde lewe nog – net nie binne bereik nie. In 'n huis vol foto's wag 'n ma op 'n stem uit die wildernis
DIE PAD NA DIE LIEFDE • Nadat hulle huwelik op die rotse beland het en ná jare apart laat Angelique en Jacques se jongste foto's en liefdeswoorde almal wonder: Het dié verhaal tog 'n gelukkige einde?
SY GROOTSTE TOETS • Hy het van Suid-Afrika se grootste sportsterre geleer om onder druk kop te hou. Maar toe sy vrou skielik verlam raak, moes die sportsielkundige Henning Gericke leer dat kennis alleen nie genoeg is nie
HOU NET AAN SWEM • 'n Eeu nadat Gertrude Ederle die eerste vrou geword het wat oor die Engelse Kanaal geswem het, het Amber-Rose Berry (18) die jongste Suid-Afrikaanse vrou geword wat dit regkry.
'N STEM WAT LAAT KOOP • Met sy diep basstem is die jong aflaaier Vincent Pike 'n meester wat mense oortuig om skape en beeste te koop
KLEIN BOEKIES, GROOT DROME • 'n Stukkie grafiekpapier was die begin van 'n onverwagte projek vir Declan Opperman en sy ma – en nou is hy op twaalf al 'n kinderboekskrywer
ONS SOEK NA MEJ. TIENER 2026 • HUISGENOOT IS WEER OP SOEK NA 'N NUWE ROLMODEL VIR TIENERS, EN INSKRYWINGS IS NOU OOP
MEXIKAANSE fiësta • KLEURVOL, geurig en met 'n LEKKER skop – vandeesweek berei ons 'n Mexikaanse FEES vir jou etentafel
MAAK JOU TUIN LENTEGEREED • Gee jou tuin ná die winter 'n bietjie liefde. Hierdie eenvoudige wenke stimuleer nuwe groei en maak van enige ruimte 'n lushof
HOE OM HULLE AAN DIE PRAAT TE KRY SONDER OM DIT TE FORSEER
Pasop, hier kom Kassie en Rooi weer! • ENIGMA DEUR RUDIE VAN RENSBURG Queillerie, R309*
Donkerhart • Lees die tweede deel van 'n uittreksel uit 'n sielkundige riller wat jou op die punt van jou stoel sal hou
8 dinge om te weet oor The Agency • NUWE SEISOEN
Die kat kom weer • Van huiskatte en straatkatte tot lui katte en wilde katte – ons kyk na reekse en fleiks wat hulde bring aan katte met persoonlikheid
Van country tot klassiek
Slang maak geskiedenis met kankerbehandeling • ONS GESELS OOR
ELDERS IN DIE WÊRELD
Robot blits Usain Bolt verby!
FOTO VAN DIE WEEK
ANIMASIE MANIA • DÍS COOL!
Aardgasse en ander natuurlike gasse • Ons leer meer oor hierdie belangrike energiebronne
DIAMANTE SE GROOT SLYPMOORD • DIT KAN MILJARDE JARE NEEM VIR 'N DIAMANT OM IN DIE AARDE TE VORM, MAAR IN 'N LABORATORIUM KAN 'N SINTETIESE WEERGAVE BINNE ENKELE WEKE VERVAARDIG WORD - TEEN 'N FRAKSIE VAN DIE PRYS. DAAROM VERLOOR VERBRUIKERS BELANGSTELLING IN NATUURLIKE DIAMANTE. KAN DIE BEDRYF WEER SY GLANS TERUGKRY?
DIE STORIE AGTER DIE STORIE • Sy het nooit beplan om 'n privaat ondersoeker te word nie. Vandag werk sy op misdaadtonele, soek vermisste mense en help families om antwoorde te kry – maar elke saak laat iets by haar
UIT DIE MOND VAN DIE SUIGELING • Toe hulle besef hulle 12-jarige pleegdogter is eintlik 38, moes 'n egpaar uitvind sy't ander...