Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Huisgenoot

Huisgenoot

Sep 24 2026
Magazine

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

'N NUWE LIEFDE VIR ZETSKE VAN PLETZEN • 'n Jaar ná haar egskeiding het dié aktrise 'n nuwe man in haar lewe – iets wat sy nie verwag het nie. Juis daarom het dit haar lank geneem om oor hom te praat

KORT VOOR LANK

VREDE NÁ MY GROOTSTE SEER • Vyf jaar nadat die oud-Bok Jannie du Plessis en sy vrou, Ronel, se jongste verdrink het, maak sy hart oop oor die tragiese dag en haar pad van verdriet

TOE BEL BOSCH na die Baai • 'N BAAISE DRIELING WAS NOG NOOIT VOOR DIE KAMERAS NIE. MAAR DANKSY 'N FACEBOOK-FOTO IS HULLE NOU IN 'N ADVERTENSIE WAT IN SOWAT 50 LANDE REG OOR DIE WÊRELD AANLYN UITGEREIK IS

TE SIEK VIR 'N SOENTJIE • Vir Dewan Terblanche hou selfs 'n gewone verkoue groot gevaar in. Maar die swaarste is dat dié Bloemfontein-pa nie meer sy dogtertjies kan vashou en nagsoen soos voorheen nie

NOOIT MEER OP SY EISH • DIE AKTEUR EN GEESDRIFTIGE GHOLFSPELER NEELS VAN JAARSVELD het lank – selfs op TV – na 'n vrou gesoek met wie hy sy lewe kon deel. Toe vind hy stil-stil vir Gerna, wat nou saam met hom deur die lewe reis. Huisgenoot kuier by hulle knap voor hulle wittebrood in Wes-Java

AFRIKA KRY SY REGTE PLEK • Die wêreldkaart wat ons al byna 500 jaar gebruik, laat Afrika veel kleiner lyk as wat dit is. Nou het 164 lande ten gunste van 'n regverdiger kaart gestem

SÓ KRUMMEL HY STEEDS • Dié Huisgenoot-tert is al 57 jaar oud, maar toe die braaibroodjiebaas Frans de Villiers hom onlangs vir Erfenisdag bak, het hy steeds so lekker soos toeka geproe

ERFENISKOS met 'n kinkel • Vandeesweek gee ons TUISKOSGUNSTELINGE 'n huppel in die stap met slim geurplanne en 'n paar kortpaaie – en omskep selfs 'n paar TRADISIONELE GEREGETE in iets heel anders

MASSEER JOU SORGE WEG • Kalmeer jou lyf en verdryf stres met hierdie maklike masseertegnike wat jy tuis kan doen

KRY DIE NUWE LEERLINGRYBEWYS-TOETS ONDER DIE KNIE

JOU GESONDHEID • SOOIBRAND? SLAAP-PROBLEME? DIT KAN JOU MIKROBIOOM WEES

Stories oor fantasie en vasbyt

Donkerhart • Lees die laaste deel van 'n uittreksel uit 'n sielkundige riller wat jou op die punt van jou stoel sal hou

kyk & luister • Ryan Reynolds en Kenneth Branagh vorm 'n vermaaklike span in Mayday.

Trots op jou land • Van Afrikaanse dramas en eg plaaslike stories tot internasionale treffers – ons kyk na die bewyse dat ons enigiets op die wêreldverhoog kan aandurf

Plaaslike indie-groep is terug! • Die talentvolle musikante van Shortstraw. Van links is Jake Rubinstein, Alastair Thomas, Russell Grant en Gad de Combes.

TV-gids

Vanjaar se Ig Nobel-pryse • ONS GESELS OOR

Indiese student maak rivier op sy eie skoon • So het die Ajnar-rivier eers gelyk.

FOTO VAN DIE WEEK

Ayra Starr • STER VAN DIE WEEK

Leonardo da Vinci • Ons kyk na die lewe en invloed van dié besondere kunstenaar en uitvinder

KYK HOE KYK MONA LISA! • Dis die bekendste skildery ter wêreld, maar nie alles daarvoor en oor die skilder daarvan is so bekend nie

OULIK TOT ELKE PRYS • Mense is bereid om 'n klein fortuin te betaal vir teekoppie-Yorkies, bulhonde met platgedrukte gesigte en pugs met uitpeuloë – maar hierdie oulikheid kom teen 'n hoë prys vir die diere en lei tot al hoe ongesonder...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans